Geen spoor van jong vrou

Anita van der Merwe word sedert November, verlede jaar, vermis.
Anita van der Merwe word sedert November, verlede jaar, vermis.

Marianne Tereblance (55), van Benoni, glo dat haar dogter, Anita van der Merwe, haarself moontlik in Brakpan kan bevind.

Volgens Marianne, het Anita glo by ‘n man in ‘n woonstel in Benoni gebly, voordat sy op 29 November verdwyn het.

“Ek het ‘n sterk vermoede dat sy haarself in Brakpan kan bevind, aangesien sy baie vriende op die dorp het,” het Marianne gesê.

“Ek hoop en bid dat sy veilig is en dat sy met my sal kontak maak,” het sy gesê.

Sy het ‘n saak by die Benoni Polisiestasie aangemeld.

Enigiemand wat inligting kan verskaf, kan vir Marianne by 079 648 7077 kontak.

Latest News

Top