In die kollig

Adele de Jager.

Adele de Jager is die openbare betrekkinge beampte van die Brakpan Gemeenskapspolisiëringsforum (GPF). Dié 54-jarige inwoner van Rand Colleries is met Lukas getroud en die egpaar het twee kinders, Zandra Smit en Janey Bowie.

• Wat is/was jou beroep?

Ek is tans ’n fotograaf en het my eie besigheid, It’Photography. Voor dit was ek 18 jaar by Beeld. Ek het ink in my are en geniet die media en al die nuwe fasette daarvan. Ek het as ‘n advertensie bemarkingskonsultant gewerk en het nou nog ‘n passie vir bemarking.

• Hoe lank is jy al betrokke by die GPF?

Ek is nou drie maande betrokke by die GPF.

• Watter aspek van jou rol by die GPF geniet jy die meeste?

Die verskil wat ek elke dag kan maak in mense se lewens. Die interne aksie met die SAPD-lede is regtig insiggewend. Dit laat my weer eens besef polisielede is net soos ons; mense met gesinne en probleme. Hulle werk lang en veeleisende skofte in moeilike omstandighede met min begrip van ‘n groot deel van die publiek.

• Dink jy dit is belangrik dat ‘n dorp oor ‘n goed funksionerende GPF beskik?

Sonder die samewerking van GPF en inwoners is wet en orde net ‘n droom. Dit is dus alle Brakpanners se plig om aan te sluit en hul deel te doen. Niemand kan hierdie reuse taak alleen doen nie.

• Hoe hanteer jy teleurstellings?

Teleurstelling is vir my altyd erg. Wonder vir dae of ek iets anders kon doen om ‘n positiewe uitslag te kon kry. Dan begin ek kyk na lesse wat uit elke ervaring geleer kan word. Elke ervaring elke dag glo ek moet as ‘n leerfase beskou word. Soos die Engelse spreekwoord lei: ‘learn from your mistakes’.

• Wat doen jy graag in jou vryetyd?

Vryetyd? Wat is dit? Ek het drie pragtige kleinkinders. Spandeer elke oomblik met hulle.

• Watter vyf goed kan jy nie sonder klaarkom nie?

Ons Hemelse Vader, my man Lukas, kinders en kleinkinders, my ma en my selfoon. Alles speel ‘n rol om my geanker te hou.

• Wat is jou gunsteling dis om te eet?

Ek is mal oor kos. Indiese disse is tops. Ek het by ZeeTv gewerk en baie van die kulturele gebruike geleer. Die aromas, kleure en geure is asemrowend.

• Waar is jou gunsteling vakansiebestemming?

Ons kry nie vreeslik baie tyd vir vakansie nie. As ons kans kry, is die Midlands Meander my gunsteling wegbreekplek. Baie om te sien en te doen en natuurlik die beste kos in Suid-Afrika.

• Enigiets wat jy wil byvoeg?

Die grootste geskenk wat ek kan kry, sal wees dat mense in Brakpan saam teen misdaad sal werk. Ek glo almal kan ‘n verskil maak al is dit met ‘n leidraad of help met die uitgee van ‘n koppie sop. Kom ons staan saam ter wille van ons kinders.

  AUTHOR
Malissa Spies
Journalist

find your
dream home

looking for an
affordable
apartment

List your Property

It's easy in only three
simple steps...

find professional
services in
your area

Locate a business
operating in
your area

List your Business

Want more customers? They're online right now, searching for businesses like yours. Place your ad now...

Latest News

COMMENTS

Top

Thanx for your referral. We have no doubt your friends will love our newsletter as much as you!

Don't forget to verify your email.

to our FREE newsletter
SUBSCRIBE to our FREE newsletter.




SELECT your titles:

African Reporter
Benoni City Times
Boksburg Advertiser
Brakpan Herald
Germiston City News
Springs Advertiser
Tembisan


Your details:


Your friends:

I didn't sign up for this
I'd like to see and read more... (Please indicate in comments section below)
I'm relocating (Please indicate where to)
Other