Krone 4

Die vertoning sluit top Afrikaanse kunstenaars in.

Krone bekroon die grootste treffers en kunstenaars van alle tye waartydens die gehoor die geleentheid kry om hulle gunsteling liedjies hartlik saam te sing.

Die vertoning sluit top kunstenaars in soos Snotkop, Juanita, Refentse, Andriette, Ricus Nel, Brendan Peyper, Kurt Darren, Manie Jackson, Adam Tas, Nicholis Louw, Ray Dylan, Elizma Theron, Liezel Pieters, Lieflinge en 4 Werke.

Die konsert vind plaas by Carnival City se Big Top Arena 28 en 29 Julie om 7nm en 30 Julie om 2nm.

Kaartjies is beskikbaar by Computicket.

Top