Bianca Birnie straal in België

Bianca Birnie is nou wel nie ‘n inwoner van die dorp nie, maar sy is wel bekend vanweë haar modelskool, HmH Model- en Afrondingskool, wat sy al vir jare in Brakpan bestuur. Dié 36-jarige vrou het Suid-Afrika onlangs verteenwoordig in die ‘Mrs Glamour International’ kompetisie wat in België plaasgevind het. Bianca is uit 19 finaliste, wat uit lande van regoor die wêreld afkomstig was, aangewys as die tweede prinses. Volgens haar was dit ‘n onvergeetlike belewenis en het sy dit veral geniet om meer te wete te kom van die verskillende kulture van die deelnemers.

Lees ook: 

‘n Glansryke geleentheid vir leerders

Leer ken Bianca Birnie

Volg ons:

Instagram
Twitter
Facebook

  AUTHOR
Brakpan Herald

Latest News

Top